- 867 – Pous Adrianus II volg Pous Nicolaas I die Grote op.
- 1287 – Die Zuider Zeemuur val plat, en meer as 50 000 mense sterf.
- 1515 – Pous Leo X stel Adrian Gouffier de Boissy, biskop van Coutance, aan as kardinaal.
- 1542 – Prinses Mary Stuart word Koningin Mary I van Skotland.
- 1545 – Giovanni Angelo Medici (later Pous Pius IV) word aartsbiskop van Ragusa.
- 1588 – Pous Sixtus V stel Agostino Cusani en Francesco Maria del Monte Santa Maria aan as kardinale.
- 1740 – Pous Benedictus XIV verklaar Stephana de Quinzanis salig.
- 1772 – Pous Clemens XIV stel Leopold Ernest von Firmian, prins-biskop van Passau aan as kardinaal.
- 1819 – Alabama word die 22ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1840 – Pous Gregorius XVI stel Lodovico Altieri, titulêr aartsbiskop van Efeso en Silvestro Belli, assessor van die Inkwisisie aan as kardinale.
- 1896 – Die Glasgow-moltrein, die derde oudste moltreinstelsel ter wêreld, word in Glasgow, Skotland, in gebruik geneem.
- 1900 – Max Planck publiseer sy studie van die kwantumteorie.
- 1902 – Die eerste telegraafkabel word reg onderdeur die Stille Oseaan gelê.
- 1911 – Die eerste ekspedisie bereik die Suidpool, gelei deur Roald Amundsen.
- 1918 – Koning Väinö I van Finland doen afstand van die troon na die nederlaag van Keiserlike Duitsland in die Eerste Wêreldoorlog.
- 1927 – Irak word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk.
- 1939 – Die USSR word uit die Liga van die Nasies verban.
- 1946 – Die Verenigde Nasies stem om sy hoofkwartier in New York te vestig.
- 1960 – België, Denemarke, Duitsland, Frankryk, Griekeland, Ierland, Italië, Kanada, Luxemburg, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Portugal, Swede, Spanje, Switserland, Turkye, Verenigde Koninkryk, Verenigde State van Amerika en Ysland stig in Parys die OESO.
- 1962 – Die Mariner 2-ruimtetuig word die eerste om verby Venus te vlieg.
- 1962 – Die Mona Lisa word gewaardeer teen VS$100 miljoen, die hoogste assuransiewaardasie vir 'n skildery in die geskiedenis.
- 1981 – Israel annekseer die Golan-hoogtes.
- 1989 – Chili hou die eerste vrye verkiesing in 16 jaar en verkies Patricio Aylwin as die nuwe President van die Republiek.
- 1995 – Die Dayton-ooreenkoms word in Parys, Frankryk geteken om 'n einde te bring aan die Joego-Slawiese oorloë.
- 2004 – Die Millau-brug in Frankryk, die hoogste brug ter wêreld, word amptelik geopen.
- 2012 – Die Sandy Hook Elementêre Skool-skietvoorval vind plaas, waartydens sewe-en-twintig mense, insluitend die aanvaller gedood word in Sandy Hook, Connecticut.
- 2014 – Rolene Strauss, Mej. Suid-Afrika word as die nuwe Mej. Wêreld gekroon in Londen.
- 1503 – Nostradamus, Franse astroloog en wiskundige († 1566).
- 1546 – Tycho Brahe, Deense sterrekundige († 1601).
- 1777 – Graaf van Caledon, die tweede burgerlike goewerneur van die tweede Britse bewind aan die Kaap († 1839).
- 1851 – Maarten Pelser, predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk († 1902).
- 1867 – Alf Richards, Suid-Afrika se derde Springbokkaptein († 1904).
- 1895 – Koning George VI van die Verenigde Koninkryk († 1952).
- 1931 – Margaret Bakkes, Afrikaanse skrywer († 2016).
- 1932 – George Furth, Amerikaanse akteur († 2008).
- 1946 – Jane Birkin, Engelse aktrise († 2023).
- 1952 – Koos Bekker, Suid-Afrikaanse mediamagnaat.
- 1983 – Tatum Keshwar, Suid-Afrikaanse model en Mej Suid-Afrika 2008.
- 1993 – Antonio Giovinazzi, Italiaanse Formule Eenrenjaer.
- 872 – Pous Adrianus II, die 106de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 792).
- 1542 – Jakobus V van Skotland, koning van Skotland (* 1512).
- 1788 – Carl Philipp Emanuel Bach, Duitse komponis (* 1714).
- 1799 – George Washington, eerste President van die Verenigde State (* 1732).
- 1861 – Prins Albert, die metgesel van Koningin Victoria (* 1819).
- 1970 – Cecilia Wessels, Suid-Afrikaanse operasangeres (* 1895).
- 1989 – Andrei Sakharov, Russiese kernfisikus, dissident, Nobelpryswenner en aktivis (* 1921).
- 2013 – Zirk Bergh, sanger skiet drie persone en homself (* 1958).
- 2013 – Peter O'Toole, Ierse akteur, bekend gestaan as Lawrence of Arabia (* 1932).
- 2017 – Robert C. Sproul, Amerikaanse Gereformeerde teoloog, predikant en stigter van Ligionier Ministries (* 1939).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysig
Wikimedia Commons bevat media in verband met 14 Desember. |