Lys van die duurste skilderye
Hier volg 'n lys van die duurste skilderye wat nog ooit verkoop is. Skilderye wat baie waardevol is, word, as dit wel verkoop word, gewoonlik deur middel van 'n vendusie verkoop.
Die meeste van die wêreld se beroemdste skilderye is in die besit van museums, en dié verkoop dit baie selde nadat dit aangeskaf is. Hulle is dus letterlik onskatbaar baie werd; as 'n skildery soos die Mona Lisa op die mark sou beland, sal dit baie waarskynlik teen 'n baie hoër prys verkoop word as die skilderye wat hieronder gelys is. Die Guinness-rekordboek lys die Mona Lisa as die hoogste versekerde skildery in die geskiedenis. Dit is op 14 Desember 1962 gewaardeer teen VS$100 miljoen.[1] As 'n mens in berekening bring dat die tydswaarde van geld verander, sal dit ongeveer VS$666 666 666,67 in 2006 gekos het. (Hierdie bedrag, asook die tydswaardebedrae hieronder, is bereken deur die inflasietabelle by Konversiefaktortabelle Geargiveer 17 Julie 2006 op Wayback Machine).
Lys van die hoogste pryse op 'n veiling
wysig- Portret van Dokter Gachet deur Vincent van Gogh
- By die Tertmeule deur Pierre-Auguste Renoir
- Seun met Pyp deur Pablo Picasso
- Slagting van die Onskuldiges deur Peter Paul Rubens
- Dora Maar by die kat deur Pablo Picasso
- Irisse deur Vincent Van Gogh
- Verkoop vir $49 miljoen op 11 November, 1987 te Sotheby, New York (tydswaarde: $86 879 432).
- Portret van die kunstenaar sonder baard deur Vincent Van Gogh
- Verkoop vir $65 miljoen op 19 November, 1998 te Christie, New York (tydswaarde: $80 346 106).
- Die Huwelike van Pierrette deur Pablo Picasso
- Verkoop vir $49 miljoen op 30 November, 1989 (tydswaarde: $79 674 796)
- Gordyn, Beker en Vrugtebak deur Paul Cézanne
- Vrou met Haar Arms Gevou deur Pablo Picasso
- Verkoop vir $50 miljoen op 8 November, 2000 te Christie, New York (tydswaarde: $58 479 532).
Notas
wysig- Die pryse is nie vir huidige wisselkoerse aangepas nie.
- Die prys wat vir 'n spesifieke skildery betaal word is nie noodwendig 'n goeie aanduiding van die skildery se skoonheid, kulturele betekenis of gewildheid nie. 'n Baie hoë prys kan aangebied word eenvoudig net omdat twee of meer welgestelde kunsversamelaars dieselfde skildery wil hê en bereid was om heelwat daarvoor te bie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |