Karasee
- Moenie verwar word met Korosee nie.
Karasee | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Karasee met die mondings van die Jenisej- (links) en Ob-riviere (regs) | |
Kaart van die Karasee | |
Koördinate: | 77°N 77°O / 77°N 77°O |
Ligging: | Siberië, Rusland |
Soort: | See van die Arktiese Oseaan |
Oppervlakte: | 880 000 km² (340 000 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 127 m (417 vt) |
Maksimum diepte: | 620 m (2 034 vt) |
Volume: | 121 000 km³ |
Invloei: | Jenisej, Ob |
Eiland/e: | Franz Josef-land, Nowaja Zemlja, Sewernaja Zemlja |
Gevries: | Nege maande per jaar |
Die Karasee (Russies: Ка́рское мо́ре, Karskoye more) is 'n see van die Arktiese Oseaan in Noord-Rusland tussen Nowaja Zemlja in die weste, Franz Josef-land in die noordweste, Sewernaja Zemlja in die noordooste en die vasteland van Siberië in die suide. Die Karasee grens aan die Barentssee in die weste, die Arktiese Oseaan in die noorde en die Laptefsee in die ooste. Die see het 'n oppervlakte van sowat 880 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 127 m.[1] Die see is genoem ná die Kararivier; Kara beteken "gedempte ys" in die Nenets-taal.
Belangrike riviere wat in die Karasee uitmond is die Jenisej en Ob. Die see is nege maande lank gevries, maar het groot potensiaal as visvanggebied – alhoewel die vangseisoen beperk bly tot die maande Augustus en September waanneer die see ysvry en maklik bevaarbaar is.[2][3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Kara Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 17 April 2020.
- ↑ (de) RT.com, 25 Maart 2018: Karasee könnte zu Russlands wichtigstem arktischem Fischfangplatz werden. Besoek op 22 Januarie 2020
- ↑ (en) Facts Legend: 20 Interesting Kara Sea Facts. Besoek op 22 Januarie 2020 Geargiveer 24 Februarie 2021 op Wayback Machine
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Karasee.