[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

Egeïese See

Koördinate: 39°N 25°O / 39°N 25°O / 39; 25
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Egeïese See

Nasa-Satellietbeeld van die Egeïese See

Kaart van die Egeïese See
Koördinate:39°N 25°O / 39°N 25°O / 39; 25
Ligging:Griekeland, Turkye
Soort:See van die Middellandse See
Oppervlakte:214 000 km² (83 000 myl²)
Lengte:700 km (430 myl)
Breedte:400 km (250 myl)
Invloei:Maritsa, See van Marmara
Eiland/e:Delos, Dodekanese, Kreta, Kuklade, Lesbos, Rhodos
Nedersettings:Athene, Heraklion, Izmir, Rhodosstad, Thessaloniki

Die Egeïese See (Grieks: Αιγαίο Πέλαγος, [eˈʝeo ˈpelaɣos], ; Turks: Ege Denizi, [e̞ɟe̞ de̞n̪iz̪i]) is die deel van die Middellandse See tussen Griekeland in die weste, Turkye in die ooste en Kreta in die suide. In die noorde word dit verbind met die See van Marmara, en uiteindelik die Swartsee, deur onderskeidelik die Dardanelle en Bosporus. Die see was aanvanklik bekend as Archipelago (in antieke Grieks: Αρχιπέλαγος). Die betekenis van hierdie naam het intussen verander en verwys tans na die Egeïese eilande in dié see, en meer algemeen na enige eilandgroep.

Kaart van die Egeïese See

Die belangrikste nedersettings aan die see is Athene, Heraklion, Rhodosstad en Thessaloniki in Griekeland asook Izmir in Turkye. Van die belangrikste riviere wat in dié see uitmond, is die Maritsa. Van die eilande in die Egeïese See sluit in Delos, Dodekanese, Kreta, Kuklade, Lesbos en Rhodos.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Aegean Sea

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Egeïese See.
  • (en) "Aegean Sea". Encyclopædia Britannica. Besoek op 7 April 2019.