[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

Stikstofdioksied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Stikstofdioksied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule NO2
Molêre massa 46,01 g/mol
CAS-nommer 10102-44-0[1]  
Voorkoms Bruin gas; bruin vloeistof  
Reuk Stekend  
Reukdrempel 0,1 - 0,4 dpm[2]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=769,4pm[3]  
Ruimtegroep Im3 
Nommer 204  
Strukturbericht C26
Smeltpunt -11,2 °C
Kookpunt +21,2 °C
Digtheid 1,58 rel. lug
Oplosbaarheid Reageer met water; opl. in CCl4, CHCl3 
Kritieke temperatuur +157,8 °C 
Henry se konstante 3,3 x 10-2 [L/mol.Atm]; 2000 [K] [4]

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt  
LC50 115 dpm (rot: 1 uur)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie
Stikstofdioksied se vorme is afhanklik van temperatuur.

Stikstofdioksied is 'n chemiese verbinding van stikstof in sy +4 oksidasietoestand en suurstof met die formule NO2.

Dit is 'n triatomiese molekulêre stof, wat 'n radikaal is en 'n geboë vorm het. Hierdie bruin gas maak 'n belangrike deel uit van lugbesoedeling en word in die atmosfeer maklik uit stikstofmonoksied gevorm.

Die stof kan dimeriseer en die kleurlose distikstoftetroksied vorm wat nie 'n radikaal is nie:

Hierdie dimerisasie is 'n ewewig wat na regs skuif by laer temperatuur.

Kristalstruktuur

[wysig | wysig bron]

Stikstofdioksied is 'n vastestof onder -11,2 °C en kristalliseer in 'n kubiese struktuur wat die argetipe van die C26-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. [3]

Reaktiwiteit

[wysig | wysig bron]

NO2 is 'n N(IV)-verbinding. In basiese waterige oplossings disproposioneer dit tot nitriet N(III) en nitraat N(V):

Stikstofdioksied kan die oksidasie van swaeldioksied na swaelsuur kataliseer:[5]

Die gevormde stikstofmonoksied kan met suurstof weer die dioksied vorm:

Met fluoor kan NO2 'n nitrielfluoried vorm:

Hierdie gas is 'n kragtige fluorineringsmiddel.[6]

Besoedeling

[wysig | wysig bron]
Besoedeling met NO2 bo Europa in 2020

Die vrystelling van die gas in die atmosfeer is 'n belangrike vorm van lugbesoedeling.

'n Groot hoeveelheid gesondheidswetenskaplike literatuur dui aan dat blootstelling aan NO2 nadelige gesondheidseffekte kan veroorsaak. Daar is aangetoon dat NO2-blootstelling reaksies op allergene by allergiese asmalyers kan versterk. Daarbenewens het 'n aantal epidemiologiese studies verbande getoon tussen NO2-blootstelling en voortydige dood, kardiopulmonêre effekte, verminderde longfunksiegroei by kinders, respiratoriese simptome en verskerpte allergiese reaksies.[7]

Die hoofbron van stikstofdioksied is menslike aktiwiteite soos die verbranding van fossielbrandstowwe (steenkool, gas en olie), veral brandstof wat in motors en skepe gebruik word. Dit ontstaan ook by die vervaardiging van salpetersuur, sweiswerk, die gebruik van plofstof, raffinering van petrol en metale, kommersiële produksie en die landbou. Natuurlike bronne van ander stikstofoksiede, waaruit NO2 gevorm kan word, sluit vulkane en bakterieë in.[8]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. AirGas.
  2. "Emergency and Continuous Exposure Guidance Levels for Selected Submarine Contaminants. 2007" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2020.
  3. 3,0 3,1 "Modern C26 (NO2) Structure: AB2_cI36_204_d_g-001". Aflow.
  4. NIST.
  5. H.A.J. Meijer, H.C. Germs (1922). Bekopt leerboek er anorganische chemie. Noordhoff.{{cite book}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
  6. Inorganic Chemistry Mark Weller, Tina Overton, Jonathan Rourke, Fraser Armstrong OUP Oxford, 2014,ISBN 0-19-964182-X, ISBN 978-0-19-964182-6
  7. "What kinds of harmful effects can nitrogen dioxide cause?". California air resources board.
  8. "Nitrogen dioxide". NZ Ministry of the Environment.