Magnus Malan
Magnus Malan | |
Ampstermyn 1980 – 1991 | |
President | P.W. Botha |
---|---|
Voorafgegaan deur | P.W. Botha |
Opgevolg deur | Roelf Meyer |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 30 Januarie 1930 Pretoria, Unie van Suid-Afrika |
Sterf | 18 Junie 2011 (op 81) Durbanville in Kaapstad |
Politieke party | Nasionale Party |
Eggenoot/-note | Magrietha Johanna van der Walt |
Kind(ers) | 2 seuns, 1 dogter |
Alma mater | Universiteit van Pretoria |
Religie | N.G. Kerk |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Suid-Afrika |
Diens/Tak | Suid-Afrikaanse Vloot Suid-Afrikaanse Leër |
Jare in diens | 1950 –1980 |
Rang | Generaal |
Oorloë/Veldslae | Operasie Savannah |
Toekennings | Ster van Suid-Afrika Orde van Voortreflike Diens Suiderkruisdekorasie Suiderkruismedalje |
Generaal Magnus André De Merindol Malan (30 Januarie 1930 – 18 Julie 2011) was 'n voormalige Minister van Verdediging in die Kabinet van P.W. Botha, hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en hoof van die Suid-Afrikaanse Leër.[1]
Biografie
[wysig | wysig bron]Malan is op 30 Januarie 1930 in Pretoria gebore en in 1962 met Margot van der Walt getroud.
Hy is in 1973 as die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër aangestel en drie jaar later as die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. As hoof van die Weermag implementeer hy verskeie administratiewe veranderinge waarvoor hy respek verdien. Gedurende die tyd raak hy bevriend met P.W. Botha, toe die Minister van Verdediging en later die Eerste Minister.
In Oktober 1980 stel Botha hom aan as die Minister van Verdediging, 'n pos wat hy tot 1991 beklee het. Op 3 Februarie 1993 kondig hy sy uittrede uit die parlement aan.
Hy is op 18 Julie 2011 in sy huis in Durbanville in Kaapstad weens hartversaking oorlede. Hy laat sy vrou, twee seuns, 'n dogter en nege kleinkinders agter.[2] Sy as word in die gedenkmuur by die Voortrekkermonument bewaar.[3]
Toekennings
[wysig | wysig bron]Malan is bekroon met die volgende toekennings en dekorasies:
- Orde van die Ster van Suid-Afrika (Militêr) (Goud) (SSAG) [lower-alpha 1]
- Order for Meritorious Service (Gold) (OMSG)
- Southern Cross Decoration (SD)
- Southern Cross Medal (1952) (SM)
- Pro Patria Medal (South Africa) (with Cunene Clasp)
- Good Service Medal (Gold (30 Years))
- Good Service Medal (Silver (20 Years))
- Permanent Force Good Service Medal
Notas
[wysig | wysig bron]- ↑ Vir voortreflike militêre diens deur opperoffisiere. 'n Goue malteserkruis, blou geëmailleerd, met proteablomme tussen die arms en 'n agtpuntige ster op die oppervlakte. Dit hang aan 'n blou halslint; by seremoniële geleenthede word die kenteken aan 'n goue ketting gehang. Daar is ook 'n agtpuntige borsster met die kenteken daarop
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ De Klerk 'hartseer' oor heengaan van Malan, Nuus24, 18 Julie 2011.
- ↑ Malan weens hartversaking oorlede, Nuus24, 18 Julie 2011.
- ↑ Magnus Malan se nederigheid besing, Nuus24, 24 Julie 2011.
Voorafgegaan deur Pieter Willem Botha |
Minister van Verdediging 1980–1991 |
Opgevolg deur Roelf Meyer |
Voorafgegaan deur Hugo Biermann |
Hoof van Suid-Afrikaanse Weermag 1976 – 1980 |
Opgevolg deur Gen Constand Viljoen |
Voorafgegaan deur Lt. Gen Willem Louw |
Hoof van die Suid-Afrikaanse Leër 1973 – 1976 |
Opgevolg deur Lt. Gen Constand Viljoen |