[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

Geodetiese Boog van Struve

Koördinate: 59°3′28″N 26°20′16″O / 59.05778°N 26.33778°O / 59.05778; 26.33778
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geodetiese Boog van Struve*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die mees noordelike stasie van die Geodetiese Boog van Struve is in Fuglenes, Noorweë.
Lande Vlag van Rusland Rusland, Vlag van Noorweë Noorweë, Vlag van Swede Swede, Vlag van Finland Finland, Vlag van Estland Estland, Vlag van Letland Letland, Vlag van Litaue Litaue, Vlag van Belarus Belarus, Vlag van Moldowa Moldowa, Vlag van Oekraïne Oekraïne
Tipe Kultureel
Kriteria ii, iii, vi
Verwysings 1187
Streek Europa en Noord-Amerika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2005  (29ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Geodetiese Boog van Struve strek van Hammerfest in Noorweë tot aan die Swartsee en is die eerste akkurate meting van ’n meridiaan.[1] Dit is 2 820 km lank en loop deur 10 verskillende lande. Die doel daarvan was om betroubare berekeninge te maak oor die vorm en grootte van die aarde deur middel van die noukeurige opmeting van groter afstande op die oppervlak van die planeet.

By ’n geodetiese boog word gebruik gemaak van driehoeksmeting om die presiese afstand tussen twee punte vas te stel. Deur die herhaling van die metode kan ’n ketting van metings oor groot afstande opgebou word.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]
Die gebiede waardeur die boog loop.

Die Boog van Struve het 265 meet- en waarnemingspunte gehad wat tot tientalle kilometers uit mekaar gelê het, en is aangedui met onder meer gate in rotse, ysterkruise, stene en obeliske. Van hulle bestaan 34 nog en hulle vorm ’n tasbare herinnering aan dié enorme projek.

Die boog is genoem na die sterrekundige Friedrich Georg Wilhelm von Struve. Onder sy toesig is tussen 1816 en 1855 altesaam 258 driehoeke bereken. Die boog is ’n opmerklike voorbeeld van samewerking tussen wetenskaplikes uit verskillende lande en tussen verskillende staatshoofde.

In 2005 is die 34 nog herkenbare punte van die Geodetiese Boog van Struve (en daarmee die projek self) op die Unesco-wêrelderfenislys geplaas.

Lande

[wysig | wysig bron]

Die boog het aanvanklik net deur Swede-Noorweë en die Russiese Keiserryk geloop, maar eindelik deur die volgende 10 lande, die meeste van enige Unesco-wêrelderfenisgebied:[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 Noorweegse Direktoraat van Kulturele Erfenis, Dronningensg 13, Posbus 8196, Dep. 0034, Oslo, Noorweë (2005), Norwegian Points on The Struve Geodetic Arc (pamflet)

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

59°3′28″N 26°20′16″O / 59.05778°N 26.33778°O / 59.05778; 26.33778