Alfa Romeo
Alfa Romeo Automobiles S.p.A. | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 24 Junie 1910, Milaan |
Hoofkantoor | Milaan en Turyn, Italië |
Sleutelpersone | John Elkann (hoof uitvoerende beampte) Harald J Wester (voorsitter van die Raad) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorvervaardiger |
Produkte | luukse voertuie |
Dienste | Finansiële en logistieke dienste |
Moedermaatskappy | Fiat Group |
Webwerf | alfaromeo.com |
Alfa Romeo is 'n motorfabrikaat wat deur die Italiaanse motormaatskappy Fiat besit word.
Alfa Romeo is in 1920 gestig en is sedert 1986 deel van Fiat SpA. Die maatskappy was oorspronklik bekend as ALFA, wat 'n akroniem is vir Anonima Lombarda Fabbrica Automobili (vertaal: Lombardiese Voertuigfabriek, Publieke Maatskappy).
Die Alfa Romeo-embleem
'n Tekenaar genaamd Romano Cattaneo het die ALFA-embleem in samewerking met 'n ontwerper genaamd Giuseppe Merosi geskep. Dit het bestaan uit 'n kombinasie van die skild van die stad Milaan en die familiewapen van die Visconti's, saamgesnoer in 'n blou sirkel met die woorde "ALFA ROMEO" en "MILAN" wat deur 'n Savoy-knoop van mekaar geskei is.
Die woord "MILAN" is in 1970 verwyder, om die huidige skild te gee.
Modelle
Alfa Romeo voertuie volgens era | |
---|---|
1950–1960 | Alfa Romeo 1900 Alfa Romeo AR 51 Die 'Matta' 4-wieldryfvoertuig. |
1960–1970 | Alfa Romeo Giulia – Super 1600 – TI Alfa Romeo TZ |
1970–1985 | Alfa Romeo Montreal (1970–1977) Alfa Romeo Alfasud (1972–1983) |
1985–1995 | Alfa Romeo GTV(1974–1987) Alfa Romeo GTV6 |
1995–2000 | Alfa Romeo SZ Alfa Romeo GTV & Spider (1995–2006) |
2000–2010 | Alfa Romeo GT (2004–2010)
Alfa Romeo 147 GTA (2000–2010) |
2010–2020 | Alfa Romeo Giulietta (2010–huidig)
Alfa Romeo MiTo (2008–2019) |
Trivia
Alfa Romeo het ook tydens die Tweede Wêreldoorlog enjins vir vliegtuie gebou. Onder andere het die Macchi C.202, Macchi C.205 en Reggiane Re.2000 Alfa Romeo enjins gebruik.
Konsepvoertuie
- Alfa Romeo 8C (2004)
- Alfa Romeo 189
- Alfa Romeo Gloria
- Alfa Romeo Disco Volante Touring
Enjins
- Die Alfa Romeo Twin Cam enjin
- Die Alfa Romeo TwinSpark enjin
- Die Bokserenjin of Plat-4
- Die Alfa Romeo MultiAir enjin
- Die 0.9 L TwinAir I2
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Alfa Romeo. |
- Amptelike Alfa Romeo webwerf
- Amptelike Australië Alfa Romeo werf
- 'n Liefdesverhaal vir Duetto: [2] Geargiveer 29 April 2006 op Wayback Machine
- Ewolusie van die wapen: [3]
- 'n Tipiese A.R. instrumentpaneel: [4] (1750 GTV – 1970's)
- 'n Volledige lys van skakels na die wêreld van Alfa Romeo: [5] Geargiveer 22 April 2006 op Wayback Machine
- Die Alfa Romeo internet-ring: [6] Geargiveer 25 Mei 2006 op Wayback Machine
- Die Montreal: [7], [8], [9], [10], [11] Geargiveer 11 Februarie 2006 op Wayback Machine, [12][dooie skakel]
- Die Alfa Wiki [13] Geargiveer 7 Junie 2007 op Wayback Machine
- Kort geskiedenis van die 158/9 GP-motor [14]
- Kategorie van ODP Geargiveer 18 Junie 2006 op Wayback Machine
- Die Alfa Romeo eienaarsforum [15]
- 'n Alfa Romeo-werf Alfa-Romeo.com Geargiveer 29 Januarie 2019 op Wayback Machine
- Alfa Romeo en ander Italiaanse motors (Wheels Of Italy)
- Alfa Romeo Gallery – Alfa Romeo beelde
- Alfa Romeo Suid-Afrika webtuiste