[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

Alfa Romeo Alfetta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Alfa Romeo Alfetta

1983–84 Alfetta Quadrifoglio Oro
Oorsig
Vervaardiger Alfa Romeo
Ook genoem Alfa Romeo 159i
Alfa Romeo Sport Sedan
Produksie 1972–1984
Montering Arese, Milaan, Italië
Rosslyn en later Brits,
Suid-Afrika
Ontwerper Giuseppe Scarnati
Bakwerk en onderstel
Klas Uitvoerende motor
Bakstyl 4-deursedan
Spesifikasies
Enjin(s) Alfa Romeo Twin Cam I4 (petrol)
Alfa Romeo V6-enjin petrol
VM Motori I4 (turbodiesel)
Asafstand 2510 mm (Berlina)
2400 mm (GT)
Plek in geskiedenis
Variante Alfa Romeo Giulietta
Alfa Romeo Alfa 6

Die Alfa Romeo Alfetta (Tipe 116) is 'n uitvoerende sedanmotor en koepee wat van 1972 tot 1987 deur die Italiaanse vervaardiger Alfa Romeo gebou is. Dit was gewild as gevolg van sy kombinasie van gemiddelde massa maar kragtige enjins, en meer as 400 000 eenhede is tot aan die einde van sy produksieloop verkoop.

Die Alfetta het 'n nuwe aandryfstelseluitleg vir die merk ingelui. Die koppelaar en ratkas was aan die agterkant van die motor gehuisves, tesame met die ewenaar, vir 'n meer gebalanseerde massaverspreiding, soos gebruik op die Alfetta 158/159 Grand Prix motors. Die suspensie het bestaan uit dubbele mikvering met wringstawe voor en 'n De Dionbuis aan die agterkant. Alle Alfettas het die fabriek verlaat met oorspronkliktoegeruste Pirelli Cinturato 165HR14-bande.

Benaming

[wysig | wysig bron]

Die Alfetta-naam (Klein Alfa in Italiaans) is ontleen van die bynaam van die Alfa Romeo Tipo 159 Alfetta, 'n suksesvolle Formule Eenmotor wat in sy 1951-weergawe 'n transas-uitleg gepaar het met 'n De Dion-buisagtervering, soos in die moderne sedan.

Verwysings

[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.