[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

Senomanium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Periode/
sisteem
Epog/
serie
Tydsnede/
etage
M. jaar
gelede
Paleogeen Paleoseen Danium jonger
Kryt Laat Maastricht 66,0–72,1
Campanium 72,1–83,6
Santonium 83,6–86,3
Coniakium 86,3–89,8
Turonium 89,8–93,9
Senomanium 93,9–100,5
Vroeg Albium 100,5–~113,0
Aptium ~113,0–~125,0
Barremium ~125,0–~129,4
Hauterivium ~129,4–~132,9
Valanginium ~132,9–~139,8
Berriasium ~139,8–~145,0
Jura Laat Titonium ouer
Die verdeling van die Kryt (IKS).

Die Senomanium is ’n chronostratigrafiese etage sowel as ’n geologiese tydsnede van onderskeidelik die sisteem en periode Kryt (serie/epog Laat Kryt). Dit verwys dus na ’n tydperk sowel as die gesteentes wat in dié tydperk gevorm het.

Die tydperk was van sowat 100,5 tot 93,9 miljoen jaar gelede.[1] Dit is voorafgegaan deur die Albium en gevolg deur die Turonium.

Naam en definisie

[wysig | wysig bron]

Die Senomanium is in 1847 deur die paleontoloog Alcide d'Orbigny genoem na Cenomanum, die Latynse naam van Le Mans in die Franse département Sarthe.

Die basis van die etage word gedefinieer deur die eerste voorkoms van die Foraminifera Rotalipora globotruncanoides, en die bokant deur die eerste voorkoms van die ammoniet Watinoceras devonense. Belangrike gidsfossiele vir die tydperk is die ammoniete Calycoceras naviculare, Acanthoceras rhotomagense en Mantelliceras mantelli.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gradstein et al. (2012)

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • (en) Gradstein, F.M.; Ogg, J.G.; Schmitz, M.D. & Ogg, G.M.; 2012: A Geologic Time Scale 2012, Elsevier, ISBN 0444594256.