McDonald's
McDonald's Corporation | |
Tipe | Openbare maatskappy |
---|---|
Gestig | 15 Mei 1940 in San Bernardino, Kalifornië; McDonald's Corporation, 15 April 1955 in Des Plaines, Illinois |
Hoofkantoor | Oak Brook, Illinois, Verenigde State van Amerika |
Liggings | 36 000[1] |
Sleutelpersone | Andrew J. McKenna (Voorsitter) Steve Easterbrook (President en hoofuitvoerende beampte) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Restaurante |
Produkte | Kitskos (hamburgers • hoender • slaptjips • koeldrank • koffie • melkskommels • slaaie • nageregte • ontbyt) |
Inkomste | $ 28,1057 miljard (2013)[2] $ 27,567 miljard (2012)[2] |
Bedryfsinkomste | $ 8,7643 miljard (2013)[2] $ 8,6046 miljard (2012)[2] |
Netto inkomste | $ 5,5859 miljard (2013)[2] $ 5,4648 miljard (2012)[2] |
Werknemers | 420 000 (2014)[3] |
Slagspreuk | I’m Lovin’ It |
Webwerf | aboutmcdonalds.com |
McDonald's Corporation is die wêreld se grootste ketting van hamburger- en kitskosrestaurante.
Die hoofkantoor van die firma – McDonald's Plaza genoem – is geleë in Oak Brook, 'n voorstad van Chicago in die Verenigde State. Hier is ook die "Hamburger University", die opleidingsentrum van McDonald's.
Die maatskappy is deur die sakeman Ray Kroć uitgebou nadat hy in 1955 die regte oorgeneem het van 'n klein hamburgerketting wat gelei was deur Dick en Mac McDonald.
'n McDonald's-restaurant word bestuur deur 'n konsessienemer, 'n filiaal, of die maatskappy self. Die inkomste van die maatskappy kom uit die huur, kopiereg en fooie wat betaal word deur die konsessiehouers, en die verkope in selftoegeruste restaurante.
McDonald's bedien hoofsaaklik hamburgers, kaasburgers, hoender, skyfies, ontbytgeregte, koeldrank, melkskommels en nageregte. In reaksie op kritiek oor sy vervelige spyskaart, verkoop die maatskappy nou ook slaaie, garnale, gevoudes en vrugte.
Die totale aantal bestellings by McDonald's beloop 68 miljoen per dag, versprei oor meer as 36 000 takke in 119 lande. Op 11 November 2015 het McDonald's hul 20ste jaar in Suid-Afrika met 234 takke gevier.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ McDonald's publication. "Corporate FAQ" (in Engels). McDonald's Corporation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Augustus 2016. Besoek op 14 Junie 2015.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 2,5 "MCDONALDS CORP 2013 Annual Report Form (10-K)" (XBRL) (in Engels). United States Securities and Exchange Commission. 24 Februarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Oktober 2019. Besoek op 14 Junie 2015.
- ↑ McDonald Corporation. "McDONALD'S CORPORATION 10-K SEC Filing for the fiscal year ended December 31, 2014" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 14 Junie 2015.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie McDonald's.
- (en) Amptelike webwerf