[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

Larry King

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Larry King in 2010.

Larry King (gebore Lawrence Harvey Zeiger; 19 November 1933 - 23 Januarie 2021)[1] was 'n Amerikaanse televisie-gasheer, radio-gasheer en betaalde woordvoerder, wie se werk erkenning ontvang het met toekennings waaronder twee Peabodys, 'n Emmy-toekenning en 10 CabelACE-toekennings.

King was van Joodse afkoms. Hy begin as 'n plaaslike Florida-joernalis en radio-onderhoudvoerder in die 1950's en 1960's, en vererf bekendheid sedert 1978 as gasheer van The Larry King Show, 'n landwye inbel-radioprogram wat die hele nag deur die Mutual Broadcasting System uitgesaai is.[2] Van 1985 tot 2010 was hy die gasheer van die televisieprogram Larry King Live op CNN. Van 2012 tot 2020 was hy gasheer vir Larry King Now wat in Hulu, OraTV en RT America uitgesaai is.

Hy het voort gegaan om gasheer te wees vir Politicking with Larry King, 'n weeklikse politieke geselsprogram wat weekliks op dieselfde twee kanale uitgesaai is vanaf 2013 tot en met sy dood aan Covid-19 in 2021. King het gedurende sy lewe vele toekennings ontvang, waaronder verskeie Cable ACE-toekennings, Peabody-toekennings en ander lewenslangebydrae toekennings.[3][4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. King, Larry [@kingsthings] (23 Januarie 2021). "Larry King 1933 – 2021 ..." (Tweet). Besoek op 23 Januarie 2021 – via Twitter.name=obittweet
  2. "Larry King Mutual Radio 1982". YouTube. Besoek op 2 November 2015.
  3. Miller, Hayley; Moran, Lee (23 Januarie 2021). "Larry King, Iconic TV And Radio Interviewer, Dies At 87". HuffPost – via Yahoo!. He rose above personal tragedy, financial despair and half a dozen divorces to become one of the most revered and prolific interviewers in broadcasting.
  4. RT schedule Click on America for RT America. Accessed September 15, 2013.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.