Osmaterium
Voorkoms
Die osmaterium is 'n vlesige orgaan wat in die prothorakiese segment van larwes (ruspes) van die Riddervlinderfamilie aangetref word. Hierdie orgaan stel onwelriekende chemiese samestellings vry, wat vermoedelik feromone is. Die normaalweg versteekte gevurkte struktuur kan uitgestulp word wanneer die ruspe 'n bedreiging teëkom. Die onwelriekende afskeidings bevat terpeenstowwe, wat verskil van spesie tot spesie.[1]
Die fyn struktuur van die osmateriale klier van die Lemmetjievlinder, Papilio demoleus libanius, een van die Swaelsterte, is bestudeer. Daar is bevind dat dit drie selsoorte bevat insluitend ellipsoidvormige klierselle.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Osmaterium. |
- Tree of Life Geargiveer 1 Maart 2021 op Wayback Machine