James Faulkner
James Faulkner | |
James Faulkner (2021)
| |
Geboortenaam | James Sebastian Faulkner |
---|---|
Geboorte | 18 Julie 1948 Hampstead, Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Engels |
Kinders | 2 |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1970-teenswoordig |
James Sebastian Faulkner (gebore op 18 Julie 1948) is 'n Engelse akteur en vervaardiger. Hy is die beste bekend om sy rolle in die televisiereekse Da Vinci's Demons (2013–2015; as Pous Sixtus IV), Game of Thrones (2016–2017; as Randyll Tarly) en Downton Abbey (2010), en in die rolprente Atomic Blonde (2017) en Paul, Apostle of Christ (2018; as Paulus van Tarsus).
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Faulkner is vanaf die ouderdom van sewe jaar opgelei as 'n koorlid by die Royal College of Church Music by Addington Palace. Hy was 'n permanente lid van die koor en daar is dikwels op hom gesteun as solis. Hy het ook deelgeneem aan elke revue, skooltoneelstuk en konsert vir die koorgenootskap wat plaasgevind het. Hy het die Puppet Club saam met die stigter daarvan, die joernalis Roger Wilkes, bedryf.
Nadat hy klaar gemaak het met skool het hy gewerk as 'n prinsipaal van 'n kleuterskool, 'n rugby afrigter, 'n kelner en as 'n professionele Sint Niklaas voordat hy 'n onderhoud ondergaan het vir die waglys van die Koninklike Sentrale Skool van Spraak en Drama, in 1967. Na drie jaar van uitmergelende opleiding het hy die hoofrol gekry vir die finale graduerings-produksie van Kiss Me Kate. Die volgende dag het verskeie toneelagentskappe aan hom geskryf, en hy het aangesluit by ICM en Prospect Theater vir die stuk Much Ado About Nothing, wat die hoofgebeurtenis was tydens die 1970 Edinburgh Fees. Hierop het 'n seisoen by die Chichester Festival Theatre gevolg saam met persone soos John Gielgud en Edith Evans. Hy is hierna na die Piccadilly Theatre in die West End theatre met Jean Anouilh se produksie Dear Antoine, waar hy die skrywer op die openingsaand ontmoet het.[1]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Faulkner het sy grootskerm buiging in 1972 gemaak as Josef Strauss in The Great Waltz (1972 rolprent). Hy het die rol gespeel van die arrogante Luitenant Millington in Anderson se Conduct Unbecoming (1975 rolprent) waarin Michael York, Richard Attenborough en Trevor Howard gespeel het.
Hy het in ander rolprente soos Whispering Death en Minder on the Orient Express gespeel waarin hy die bendelid Ted Moore gespeel het. In ander rolprentverskynings het hy Luitenant Teignmouth Melvill gespeel in Zulu Dawn, welke hy die mede-regisseur van was, en as Uncle Geoffrey in beide die Bridget Jones rolprente.
Hy het die rol van Herod Agrippa gespeel in die BBC se 1976 televisie verwerking van I, Claudius (TV reeks), en Aldous Huxley gespeel in die rolprent Priest of Love (1981).
In 1988 het hy die rol gespeel van Stapleton, een van die grootste vyande van Sherlock Holmes, in Granada Television se produksie van The Hound of the Baskervilles, teenoor Jeremy Brett.
In 1991 het hy Alex Mair gespeel, te wete die bestuurder van die Larksoken kernkragstasie, in 'n Anglia produksie van die P. D. James roman Devices and Desires.
In 2008 het Faulkner Kardinaal Rhades gespeel in die Duitse riller Der Bibelcode (Die Bybelkode).
Faulkner het in 2013 die rol van Pous Sixtus IV gespeel in BBC Worldwide se historiese fantasiedrama Da Vinci's Demons.
In 2018 het Faulkner die rol van Paulus van Tarsus gespeel in die dramarolprent Paul, Apostle of Christ.
Lys van werke
[wysig | wysig bron]Rolprente
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1972 | The Great Waltz | Josef Strauss | |
1974 | The Abdication | Magnus de la Gardie | |
1975 | Conduct Unbecoming | 2nd Lt. Edward Millington | |
1976 | Whispering Death | Terrick | |
1979 | Zulu Dawn | Teignmouth Melvill | |
1980 | Flashpoint Africa | Ramon Funes | |
1981 | Priest of Love | Aldous Huxley | |
1983 | Eureka | Roger | |
1989 | The Shadow Trader | ||
1992 | Carry On Columbus | Torquemada | |
1992 | Lovejoy 'Friends in High Places' | Alfredo Pereira | |
1996 | Crimetime | Crowley | |
2001 | Burning Down the House | Hal Lander | |
Bridget Jones's Diary | Uncle Geoffrey | ||
2003 | I Capture the Castle | Aubrey Fox-Cotton | |
2004 | Bridget Jones: The Edge of Reason | Uncle Geoffrey | |
Agent Cody Banks 2: Destination London | Lord Duncan Kenworth | ||
2005 | Colour Me Kubrick | Oliver | |
2006 | The Conclave | Cardinal Guillaume D'Estouteville | |
The Good Shepherd | Lord Cooper | ||
2007 | Hitman | Smith Jamison | |
2008 | The Bank Job | Guy Singer | |
2011 | X-Men: First Class | Swiss Bank Manager | |
2016 | Bridget Jones's Baby | Uncle Geoffrey | |
2016 | Underworld: Blood Wars | Cassius | |
2017 | Final Portrait | Pierre Matisse | |
2017 | Atomic Blonde | Chief C | |
2018 | Paul, Apostle of Christ | Saint Paul |
Televisie
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
1976 | I, Claudius | Herod Agrippa | TV serial, 6 episodes |
1978 | Hazel | Gordon Gregory | 6 episodes |
1985 | The Bill | Sidney Sharman | Episode: Burning the Books |
1986 | First Among Equals | Simon Kerslake | TV serial |
1989 | Frederick Forsyth Presents | Markus Vogel | Just Another Secret (1989) |
1998 | Taggart | Colonel Robert Falkirk | Episode: Dead Reckoning (Series 14 Episode 41) |
2010 | Ben Hur | Marcellus | TV mini-series, 2 episodes |
2013–15 | Da Vinci's Demons | Pope Sixtus IV | 24 episodes |
2014 | Downton Abbey | Lord Sinderby | 4 episodes |
2016–2017 | Game of Thrones | Randyll Tarly | 5 episodes |
2016 | Life on Earth: A New Prehistory | Narrator | 3 episodes |
2018 | Death in Paradise | Frank O'Toole | Episode: Written in Murder (Series 7 Episode 3) |
2018 | Watership Down | Frith | Episode: The Journey |
Videospeletjies[2]
[wysig | wysig bron]Jaar | Titel | Rol | Notas |
---|---|---|---|
2001 | Walking with Beasts: Operation Salvage | Voice | |
2009 | Harry Potter and the Half-Blood Prince | Professor Severus Snape (voice) | |
2012 | Blades of Time | Voice | |
2012 | Blades of Time: Dismal Swamp | Voice | DLC |
2014 | Dragon Age: Inquisition | Cassandra's Associate (voice) | |
2016 | The Turing Test | T.O.M (voice) | |
2018 | League of Legends | Swain (voice)[3] |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Acclaimed actor James Faulkner" (in Engels). 9 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2017.
- ↑ name=":1"
- ↑ Faulkner, James. "James Faulkner on Twitter". Twitter (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2018. Besoek op 18 Februarie 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met James Faulkner. |