[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

Hiëna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hiëna
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Familie:
Hyaenidae

Gray, 1821
Genera
Sinonieme
  • Protelidae (Flower, 1869)

Die hiëna is 'n familie van roofdiere (meer spesifiek, aasdiere) wat in Afrika en Asië voorkom. Hoewel hiënas baie soos groot honde lyk, vorm hulle 'n aparte biologiese familie wat waarskynlik meer aan ander Feliformia-families verwant is (soos die Felidae, Viverridae, Nandiniidae, Eupleridae en Herpestidae).

Vroeër het hiënas oor groot dele van Europa en Asië voorgekom, maar hulle habitat het ondertussen aansienlik gekrimp. Daar is tans slegs vier lewende spesies, die gevlekte hiëna, die gestreepte hiëna, die strandwolf en die aardwolf.

In Afrika word hiënas soms met towery geassosieer. Die Zoeloes onder Shaka het onder ander die vermeende magte van hiënas gevrees.

Vroulike hiënas het 'n groot klitoris wat soos 'n penis lyk. Daarom kan geen onderskeid op hierdie gebied tussen mannetjies en wyfies gemaak word nie. Vroulike hiënas het 'n groter liggaamsbou as manlike hiënas.

Hiënas loop baie soos bere omdat hulle voorpote langer as hulle agterpote is. Hulle kake is sterk genoeg om bene oop byt.

Taksonomie

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]