Edward Rickenbacker
Edward Vernon Rickenbacker | |
---|---|
| |
Geboortedatum | 8 Oktober 1890 |
Geboorteplek | Columbus, Ohio |
Sterfdatum | 23 Julie 1973 |
Lojaliteit | Verenigde State |
Jare in diens | 1917–1919 |
Rang | Kaptein |
Eenheid | 94 Eskader (bevelvoerder) |
Veldslae/oorloë | Eerste Wêreldoorlog |
Toekennings | Medal of Honor |
Edward Vernon Rickenbacker (8 Oktober 1890 - 23 Julie 1973) was die eerste Amerikaanse bobaasvlieënier van die Eerste Wêreldoorlog. Hy was 'n resieskar bestuurder voor die oorlog. Hy is in 1917 saam genl. Pershing na Frankryk as sy persoonlike chauffeur. Daarna kry hy 'n oorplasing na die US Army Aviation Section, eers as 'n ingenieurs offsier. Hy leer om te vlieg en word deel van die 94 Eskader in Maart 1918. Hy vlieg Nieuport 28 en SPAD vliegtuie en behaal 26 oorwinnings. Dit is ongelooflik as mens in ag neem dat hy vir twee maande weens mediese redes nie kon vlieg nie. Hy neem ook die bevel van 94 Eskader oor in September 1918 en was tegnies 'n ouman om so 'n verantwoordelikheid te aanvaar. Hy het die oorlog oorleef en het as 'n held na Amerika teruggekeer as een van hulle bobaasvlieëniers.
Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9