Daphne du Maurier
Daphne du Maurier | |
---|---|
Daphne du Maurier as jong dame (omstreeks 1930) | |
Gebore | 13 Mei 1907 |
Sterf | 19 April 1989 (op 81) Fowey, Cornwall, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Skrywer |
Bekend vir | Rebecca The Scapegoat The Birds Jamaica Inn My Cousin Rachel |
Eggenoot | Lt.-Gen. Sir Frederick Browning (1932 tot sy afsterwe in 1965) |
Kinders | Tessa, Flavia en Christian |
Webwerf | http://www.dumaurier.org |
Dame Daphne du Maurier, Lady Browning, DBE 1969 ([duː_ˈmɒrieɪ]; * 13 Mei 1907, † 19 April 1989) was 'n Engelse skrywer van romans, kortverhale en toneelstukke. Alhoewel haar werke dikwels as romanties gekategoriseer word, het hulle ondertone van die bonatuurlike.
Romans soos Rebecca, waarmee sy haar deurbraak behaal het, is ondanks hul kommersiële sukses aanvanklik nie gunstig ontvang deur literêre kritici nie. Intussen word Daphne du Maurier gewaardeer vir haar meesterlike vertelkuns en is enkele van haar groot suksesverhale vir die silwerdoek verwerk - naas Rebecca ook My Cousin Rachel, Jamaica Inn, en die kortverhale The Birds en Don't Look Now.
Du Maurier het 'n groot deel van haar lewe in Cornwall deurgebring waar ook die meeste van haar romans afspeel.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Literêre invloede
- Verfilmings
- (en) Little White Lies - Truth & Movies: How Daphne Du Maurier became Hitchcock’s favourite author
- (en) Under the Hollywood Sign: “Don’t Look Now:” Du Maurier’s Story, Roeg’s Film, and Venice, Then and Now
- (it) Venice Café - Arte, Misteri e Curiosità di Venezia: Da un racconto di Daphne Du Maurier: A Venezia … un dicembre rosso shocking
- Cornwall
- Brexit