Doubs
Doubs | |
---|---|
Die Doubs tussen Laissey en Deluz | |
Die stroomgebied van die Doubs. | |
Oorsprong | Mouthe |
Monding | in die Saône |
Stroomgebied | Switserland, Frankryk |
Lengte | 453 km |
Oorspronghoogte | 945 m |
Mondinghoogte | 175 m |
Stroomgebiedopp. | 7 710 km² |
Die Doubs (uitgespreek [du] doe) is 'n rivier in Frankryk en Switserland wat in die Saône en uiteindelik in die Rhône uitmond.
Die naam Doubs is van 'n Keltische stam dub- (in Gallies), wat swart beteken. Dit word nog gebruik in Bretoens du en in Iers dub. Ook in die Switsers-Duitse naam Tobwald of Toppwald kom die element dub- voor. In 1299 word dit in Latyn duidelik gemaak " Silvas nigras que theotonice vulgo topwelde appellantur" (Swart bosse was deur die Duitse volk topwelde genoem word.)
Die Franse département Doubs is na hierdie rivier genoem. Sy totale lengte is 453 km, waarvan 430 op Franse grondgebied. In Frankryk is dit die tiende rivier na lengte. Die rivier ontspring in die Franse gemeente Mouthe op 945 m hoogte en stroom aanvanklik na die noordooste langs die stede Pontarlier en Morteau. Dit vorm die Frans-Switserse grens en draai dan na die suidweste. Ná 'n kort rukkie deur Switserland (die Clos du Doubs) stroom dit deur Besançon en die land van Montbéliard om uit te mond in die Saône by Verdun-sur-le-Doubs
Die waterstand is baie onreëlmatig omrede die rivier net deur reënval gevoed word. In Neublans-Abergement word gemiddeld minimaal 64,00 m3/s gemeet in Augustus en maksimaal 268 m3/s in Februarie. Daar is 7 damme wat elektrisiteit lewer.
Syrivier | Lengte | Stroomgebied | Oewer |
---|---|---|---|
Audeux | 24,2 km | links | |
die ruisseau des Lavaux | 12 km (in Frankryk) | regs | |
die Drugeon | 53,5 km | 191 km2 | links |
die Rançonnière | 10,3 km (in Frankryk) | regs | |
die Dessoubre | 33,3 km | 560 km2 | links |
die Barbèche | 14,1 km | links | |
die Gland | 13,5 km | 41 km2 | regs |
die Allan | 59,6 km | 1120 km2 | regs |
die Cusancin | 12,6 km | 356 km2 | links |
die Clauge | 35.4 km | 116 km2 | links |
die Loue | 122,2 km | 1760 km2 | links |
die Orain | 39 km | 200 km2 | links |
die Sablonne | 27,3 km | regs | |
die Guyotte | 41,1 km | 160 km2 | links |
-
Die bron van die Doubs in Mouthe
-
La bron van die Doubs
-
die Saut du Doubs
-
Die kloof van die Doubs
-
Die dam van Châtelot op die Frans-Switserse grens
-
Di meer van Brenets op die grens met Switserland
-
Die kloof van die Doubs tussen la Goule en Goumois gesien vanaf die ruïnes van Spiegelberg (Muriaux, JU)
-
Verdun-sur-le-Doubs in die dept. Saône et Loire
-
Verdun-sur-le-Doubs - waar die Doubs (regs) en die Saône (links) saamkom
Hierdie artikel is (gedeeltelik) vertaal uit die Franse Wikipedia. Sien bron.