[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

2004 Formule Een-seisoen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
2004 FIA Formule Een Wêreldkampioenskapseisoen
Vorige: 2003 Volgende: 2005
Indeks van wedrenne volgens land en seisoen.

Kalender

[wysig | wysig bron]
Rondte Wedren Datum Renverslag
1. Australiese Grand Prix Albert Park 7 Maart Verslag
2. Maleisiese Grand Prix Sepang 21 Maart Verslag
3. Bahreinse Grand Prix Sakhir 4 April Verslag
4. San Marino Grand Prix Imola 25 April Verslag
5. Spaanse Grand Prix Catalunya 9 Mei Verslag
6. Monaco Grand Prix Monaco 23 Mei Verslag
7. Europese Grand Prix Nürburgring 30 Mei Verslag
8. Kanadese Grand Prix Montreal 13 Junie Verslag
9. Verenigde State Grand Prix Indianapolis 20 Junie Verslag
10. Franse Grand Prix Magny Cours 4 Julie Verslag
11. Britse Grand Prix Silverstone 11 Julie Verslag
12. Duitse Grand Prix Hockenheim 25 Julie Verslag
13. Hongaarse Grand Prix Hungaroring 15 Augustus Verslag
14. Belgiese Grand Prix Spa-Francorchamps 29 Augustus Verslag
15. Italiaanse Grand Prix Monza 12 September Verslag
16. Chinese Grand Prix Shanghai 26 September Verslag
17. Japannese Grand Prix Suzuka 10 Oktober Verslag
18. Brasiliaanse Grand Prix Interlagos 24 Oktober Verslag

Oorsig oor die seisoen

[wysig | wysig bron]

Michael Schumacher het gedomineer deur die eerste 5 renne in Australië, Maleisië, Bahrein, San Marino en Spanje te wen. In Monaco het Jarno Trulli sterk druk van Jenson Button weerstaan om sy eerste oorwinning te behaal nadat Schumacher vroeër 'n ongeluk gemaak het. Schumacher het die volgende 7 renne in Europa (Duitsland), Kanada, VSA, Frankryk, Brittanje, Duitsland en Hongarye gewen.

In België het Kimi Räikkönen sy eerste ren gewen en Michael Schumacher het sy 7de wêreldtitel gewen en in Italië en China het Barrichello gewen. Ná die oefensessies en kwalifisering uitgestel is tot die oggend van die Japannese Grand Prix weens 'n tifoon, het Michael Schumacher sy laaste ren vir die jaar gewen.

Juan Pablo Montoya het die laaste ren van die jaar en sy laaste ren vir Williams in Brasilië gewen nadat hy druk van sy toekomstige spanmaat, Kimi Räikkönen, weerstaan het toe reën voor die ren vir 'n nat wegspring gesorg het.