Rio Madeira
Voorkoms
Rio Madeira - Río Madeira | |
---|---|
Die Rio Madeira in Porto Velho, Rondônia, Brasilië. | |
Die stroomgebied van die Rio Madeira. | |
Oorsprong | saamvloei van Madre de Dios en Mamoré naby Guayaramerín (Bolivië en Brasilië) |
Monding | naby Itacoatiara in die Amesonerivier, Amazonas, Brasilië |
Stroomgebied | Bolivië en Brasilië (Rondônia en Amazonas) |
Lengte | 3 250 km (2 019 myl) |
Oorspronghoogte | 180 m (591 voet) |
Mondinghoogte | 40 m (131 voet) |
Gemiddelde afloop | 24 397 m³/s (861 572 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 850 000 km² (328 187 myl²) |
Kaart van die Rio Madeira-bekken in Suid-Amerika.
|
Die Rio Madeira (Spaans: Río Madeira, letterlik "hout-rivier") is een van die grootste sytake van die Amesonerivier in Suid-Amerika. Die rivier, met 'n lengte van 3 250 km, vloei deur Bolivië en die Brasiliaanse deelstate Rondônia en Amazonas.
Dit ontstaan deur die saamvloei van die Madre de Dios en die Mamoré naby Guayaramerín in die noorde van Bolivië net wes van die grens tot Brasilië. Sommige van sy bronriviere ontspring ook in Peru. Die Rio Madeira vloei deur die Amesone-bekken in die weste van Brasilië, waar die Rio Madeira naby Itacoatiara in die Amesonerivier uitmond. Die grootste stad, wat aan die rivier geleë is, is Porto Velho, die hoofstad van die Brasiliaanse deelstaat Rondônia.