Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- oor•sprong
- Herkoms; waar iets of iemand vandaan kom.
- Begin; bron; waar iets ontstaan het.
- (wiskunde) Die punt waar die asse van 'n kartesiese koördinaatstelsel sny.
- Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorsprong, die ander nege vorm deel van die Bantoetaalfamilie.
- Die oorsprong van die Krokodilrivier is net noord van Ontdekkersweg by Witpoortjiestasie in Krugersdorp.
- Die oorsprong verdeel elk van die asse in twee helftes, 'n positiewe en 'n negatiewe as.
- oorspr.