[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/

Wimpy is 'n restaurantgroep wat hoofsaaklik kitskos soos hamburgers, slaptjips en melkskommels verkoop.

WIMPY
Tipe Volbesit
Gestig Coventrystraat, Londen in 1954
Hoofkantoor
SleutelpersoneEddie Gold (VSA)
J. Lyons and Co (VK)
Gebied bedien1000+ restaurante
in meer as 23 lande
IndustrieKonsessie-ondernemings
ProdukteKitskos
MoedermaatskappyFamous Brands Limited
SlagspreukThere's a Wimpy moment in every day. Enjoy every moment.
WebwerfWimpy Suid-Afrika
Die J. Wellington Wimpy karakter uit die Popeye tekenfilm.

Geskiedenis

wysig

Die Wimpy-handelsmerk is in die 1950's geskep in die Verenigde Koninkryk. Die naam is geïnspireer deur die J. Wellington Wimpy-karakter wat deur Elzie Crisler Segar geskep is en in die Popeye-tekenfilms verskyn het.

Wimpy se eerste restaurant in Suid-Afrika het in 1967 in Durban oopgemaak.

Op 27 Februarie 2007 het Famous Brands (wat die Wimpy-konsessieonderneming in Suid-Afrika besit) aangekondig dat hulle Wimpy VK gekoop het.

Internasionale takke

wysig

Wimpy het takke in die volgende lande:

Vlag van Bangladesj  Bangladesj, Vlag van Botswana  Botswana, Vlag van Siprus  Ciprus, Vlag van Egipte  Egipte,
Vlag van Republiek Ierland  Ierland, Vlag van Indië  Indië, Vlag van Kenia  Kenia, Vlag van Colombia  Kolombië,
Vlag van Koeweit  Koeweit, Vlag van Namibië  Namibië, Vlag van Nieu-Seeland  Nieu-Seeland, Vlag van Nepal  Nepal,
Vlag van Libanon  Libanon, Vlag van Saoedi-Arabië  Saoedi-Arabië, Vlag van Suid-Afrika  Suid-Afrika, Vlag van Verenigde Koninkryk  Verenigde Koninkryk en Vlag van Zambië  Zambië.

 
'n Wimpy in Koeweit

Sien ook

wysig