Vet
Vette sluit 'n groot groep organiese materie in wat ook in die mens se normale dieet voorkom.
- versadigde vetsure
- onversadigde vetsure
- mono-onversadigde vetsure
- poli-onversadigde vetsure
- omega-3 vetsure
- omega-6 vetsure
Chemie
wysigVette vorm 'n uitgebreide groep van organiese verbindings wat almal uit trigliseriede bestaan. Dit is 'n ester bestaande uit gliserol, 'n drie-funksionele alkohol en drie vetsuurgroepe. Die soort vet word bepaal deur die vetsuur wat aanwesig is en die ander deel wat dan nie-verseepbare bestanddele bevat. Vette is gewoonlik onoplosbaar in water, omrede die aanwesigheid van die nie-polêre koolstofbindings.
Noodsaaklikheid
wysigVet is 'n belangrike verskaffer van essensiële vetsure, wat onontbeerlik is vir die liggaam om nuwe selle te vorm. Dit is verder nodig aangesien Vitamien A, D, E en K vetoplosbaar is en hul absorpsie in die liggaam slegs kan plaasvind waar genoegsame vette teenwoordig is.