Piesang
'n Piesang is 'n langwerpige en effens gebuigde vrug, afkomstig van 'n tropiese plant bekend as 'n piesangboom. In Indonesiese geregte word piesang meestal "pisang"[1] (sic) genoem, die Maleise woord vir die vrug.
Piesang | |
---|---|
Piesangboom | |
Verskillende piesangsoorte | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. paradisiaca
|
Binomiale naam | |
Musa × paradisiaca |
Piesang, rou Voedingswaarde per 100 g | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Energie 90 kcal 370 kJ | ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||
Skakel na USDA Databasis-inskrywing Persentasies is relatief tot VSA aanbevelings vir volwassenes. Bron: USDA Voedingstof-databasis |
'n Piesangboom is in werklikheid 'n krui, en die grootste krui ter wêreld. Volgens die tuinboukundige definisie word die piesang egter as 'n groente gereken terwyl dit kulinêr as 'n vrug beskou word, vanweë sy soet smaak.
'n Akker piesangbome produseer dieselfde hoeveelheid voedsel as veertig akkers aartappels of een honderd drie en dertig akkers koring.[2]
Eienskappe van die vrug
wysigBy piesangs kan onderskei word tussen dié wat rou geëet kan word, sogenaamde nageregpiesangs (Engels: dessert banana) soos die Giant Cavendish, en dié wat meer geskik is om gekook of gebak te word, sogenaamde kookpiesangs (Engels: cooking bananas).
'n Gewone nageregpiesang het 'n dik skil wat maklik vanaf die vrugvlees loskom en met die hand geskil kan word. Die vrug is, soos dit in Suid-Afrika voorkom, meestal geel, alhoewel piesangs ook in ander kleure, byvoorbeeld rooi en pers, voorkom.
Produksie
wysigLand | 2011 (mil. ton) | 2016 (mil. ton) | |
---|---|---|---|
Indië | 28,5 | 29,1 | |
China | 10,7 | 13,1 | |
Filippyne | 9,2 | 8,9 | |
Ecuador | 6,4 | 7,1 | |
Indonesië | 6,0 | 7,0 | |
Brasilië | 7,3 | 6,8 | |
Kolombië | 1,2 | 5,5 | |
Kameroen | 1,1 | 5,5 | |
Uganda | 5,2 | 4,3 | |
Guatemala | 2,7 | 4,1 | |
Tanzanië | 3,3 | ? | |
Angola | 2,6 | 3,0 | |
Meksiko | 2,1 | 2,2 | |
Wêreld | 142,7 | 148,4 | |
Bron: [4] |
Verwysings
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met Banana. |
Sien piesang in Wiktionary, die vrye woordeboek. |
- ↑ etymologiebank.nl s.v. pisang
- ↑ (en) The Consolidated Encyclopedia – The Consolidated World Research Society, Ltd., 1946
- ↑ Insluitende sg. "Plantains". (In Uganda maak dit 95% uit)
- ↑ "Banana and plantain production in 2016, Crops/Regions/World list/Production Quantity". UN Food and Agriculture Organization, Corporate Statistical Database (FAOSTAT). 2017. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2020. Besoek op 6 Januarie 2018.
Eksterne skakels
wysig- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir piesang.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Piesang
- (af) Universiteit Stellenbosch – Piesangproduksie in Afrika
- (nl) Uitgebreide voedingswaardetabel vir piesangs
- (nl) Presentaties over de werking van een bananen rijpcel Geargiveer 17 April 2008 op Wayback Machine
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |