[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/

Oosseefinse tale

taalfamilie van Noordoos-Europa

Die Oosseefinse of Balto-Finse tale is 'n reeks verwante tale met 'n gemene oorsprong wat in die gebied aan die ooskus van die Oossee deur ongeveer 7 miljoen mense gepraat word. Dit is 'n onderafdeling van die Fins-Samiese tale wat tot die Fins-Oegriese tak van die Oeraalse taalfamilie behoort.[2][3]

Oosseefins
Balto-Finse tale
Geografiese
verspreiding:
Noordelike Fennoskandinawië, Baltiese lande, Suidwes en Suidoos-Rusland
Genetiese
klassifikasie
:
Oeraals
 Fins-Oegries
  Fins-Permies
   Fins-Wolgaïes
    Fins-Samies[1]
     Oosseefins
Onderafdelings:
ISO 639-2: fiu

Verspreiding van Oosseefinse tale

Oosseefins is 'n dialek kontinuum wat gewoonlik in sewe tale verdeel word.[4] Die hoof moderne Oosseefins tale is Fins en Estnies[5] Die ander Finse tale in die Oossee gebied is Ingries, Karelies, Wepsies, Woties, wat om die Finse Golf en die mere Onega en Ladoga gepraat word asook Võro wat in die suidooste van Estland gepraat word en Lyfs in Lyfland in Letland. Ludies word soms van Karelies onderskei en Seto van Estnies en Võro.

Fins en Estnies is amptelike tale van die Europese Unie en Finland en Estland onderskeidelik. Die kleiner Oosseefinse tale is almal bedreig en Lyfs en Woties het beide minder as 100 sprekers oor en word as uiters bedreig beskou.[5] Fins en Estnies is die enigste van die tale wat gevestigde literêre tale is. Meänkieli (in noordelike Swede in die Tornedal en Kven in Finnmark in Noorweë is Finse dialekte wat deur die twee Skandinawiese lande as onafhanklike minderheidstale erken word.

Die Oosseefinse tale deel 'n aantal kenmerke soos die gebrek aan grammatikale geslag, gebrek aan lidwoorde, soortgelyke klem, komplekse klanklengtes, konsonant gradiasie, ens.

Die taalfamilieboom in die inligtingskas verteenwoordig die tradisionele binêre boom vir die Oraalse tale. Sommige vakkundiges is van mening dat aanpassings in Oeralies gemaak moet word wat tot 'n kleiner boom lei.[6]

Verwysings

wysig
  1. Jacek Fisiak, Raymond Hickey, Stanisław Puppel, Language History and Linguistic Modelling: A Festschrift for Jacek Fisiak on His 60th Birthday, Contributor Jacek Fisiak, Uitgegee deur Walter de Gruyter, p831, 1997, ISBN 3-11-014504-9, 9783110145045
  2. Finno-Ugric languages at concise.britannica
  3. Denis Sinor, The Uralic languages description, history and foreign influences, Handbuch der Orientalistik. 8 , Handbook of Uralic studies, uitgegee deur BRILL, 1988, ISBN 9004077413, 9789004077416, Geraadpleeg op Google Books, 4 Januarie 2008
  4. Daniel Mario Abondolo, The Uralic Languages, Uitgegee deur Taylor & Francis, 1998, ISBN 0-415-08198-X, 9780415081986
  5. 5,0 5,1 Finnic Peoples at Encyclopædia Britannica
  6. Daniel Mario Abondolo, The Uralic Languages, Uitgegee deur Taylor & Francis, 1998, ISBN 0-415-08198-X, 9780415081986, bl. 3

Eksterne skakels

wysig
  • Wikimedia Commons logo  Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oosseefinse tale.
  • (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Finnic". Ethnologue. Besoek op 1 April 2018.
  • (en) "Finnic languages". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 April 2018.