[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/

Johannes Theodorus van der Kemp

(Aangestuur vanaf J.T. van der Kemp)

Dr. Johannes Theodorus van der Kemp (17 Mei 1747 – 15 Desember 1811) was 'n militêre offisier, dokter en 'n Nederlandse sendeling van die Londense Sendinggenootskap. Hy is in 1747 in Rotterdam gebore. Hy begin sy loopbaan in die leër as 'n luitenant van die Dragonders maar bedank in 1780 en verhuis na Engeland. Nadat hy 'n groot verlies in sy gesin gely het, kom hy tot bekering en word hy in 1799 na die Kaap gestuur as 'n werker van die Londense Sendinggenootskap. Hy probeer homself in die Xhosagebied vestig sonder sukses en stig 'n stasie naby Port Elizabeth, genoem Bethelsdorp. Uit 'n godsdienstige beginsel is hy met 'n Hottentotvrou getroud. Hy is op 15 Desember 1811 oorlede.

Johannes Theodorus van der Kemp
Johannes Theodorus van der Kemp in 1835
Gebore(1747-05-17)17 Mei 1747
Sterf15 Desember 1811 (op 64)
NasionaliteitVlag van Nederland Nederland
BeroepMilitêre offisier, dokter en 'n Nederlandse sendeling
  • Rosenthal, Eric. 1967. Ensiklopedie van Suidelike Afrika
  • Werner Raupp: Kemp, Johannes Theodorus van der (Vanderkemp), in: Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon, vol. 3, Herzberg: Bautz 1992 (ISBN 3-88309-035-2), col. 1334–1340 (with detailed bibliography).