Europese Parlement
Die Europese Parlement (EP) is die volksverteenwoordiging van die Europese Unie.
Die Europese Parlement bestaan uit 751 lede, waaronder 'n voorsitter (president genoem), en word elke vyf jaar gekies (die laaste verkiesings was in June 2024).
Die EP is gevestig in Brussel en Straatsburg.
Bevoegdhede en "gewone prosedures"
wysigDie parlement het talle bevoegdhede, hoewel daar ook bevoegdhede is wat ander parlemente gewoonlik besit en wat ontbreek. Nuwe wette kan byvoorbeeld net deur Europese Kommissie voorgestel word. Die EP het geen inisiatiefregte nie. Die EP kan die Kommissie vra om voorstelle te maak, maar hulle kan dit weier.[1]
Die EP kan die Kommissie dwing om af te tree. Dit vereis tweederde meerderheid en het een keer gebeur (die Kommissie Santer), maar die aanstelling van die Kommissie word gedeel met die Europese Raad wat bestaan uit regerings- en staatshoofde van die lidstate. Die Raad stel die nuwe President van die Kommissie voor en die Parlement kan hom verkies of afwys. Die nuwe president stel die res van die Kommissie saam. Die EP kan nie indiwiduele lede afwys nie. [1]
Die EP het die reg om vrae te stel. Dit kan skriftelik of mondeling wees. Die tyd vir mondelinge vrae aan Kommissarisse in die vergadering is taamlik beperk. Die meeste vrae is skriftelik en hulle moet binne 3 or 6 weke beantwoord word. [1] Daar is heelparty permanente kommissies van die parlement wat se bestaan en prosedures in die Verdrae (soos van Lissabon) wettelik erken is. Lissabon het ook tydelike Kommissies van Ondersoek ingestel. Die parlement kan dus moontlike korrupsie of ander wanbeleid aan navorsing onderwerp.[1]
Lissabon het ook die "gewone wetgewende prosedure" vasgelê. Die beskryf hoe die parlement met die Raad en die Kommissie saamwerk om nuwe wetgewing tot stand te bring. Hierdie deel van die Lissabonverdrag beteken dat Raad en Kommissie nie sonder die parlement kan regeer nie en dit verleen aan die parlement 'n aansienlike politieke betekenis en mag. Hierdie grondwettelike posisie van die parlement is versterk deur uitsprake van die Europese Hof (soos die Isoglukose-uitspraak) wat sterk nadruk op die politieke betekenis van die oorlegprosedure tussen die EP en die Kommissie gelê het. Wetgewing wat die Kommissie sonder oorleg met die EP ingevoer het, is deur die Hof nietig verklaar. [1]
Groepe en Partye
wysigDie partye wat deelneem aan die verkiesings van die Europese Parlement is gewoonlik nasionale partye en altesaam is daar honderde van hulle met afkortings en pertyprogramme in so'n 25 tale en drie alfabette. Maar in die EP sluit hulle gewoonlik aan by een van die groepe in die parlement. Hulle word nie volgens nasionaliteit georganiseer nie, maar volgens politieke affiliasie. Daar is tans 7 politieke groepe in die Europese Parlement. 23 Lede word benodig om 'n politieke groep te vorm, en ten minste een kwart van die lidlande moet binne die groep verteenwoordig word. Lede mag nie aan meer as een politieke groep behoort nie. Sommige Lede behoort nie aan enige politieke groep nie en staan bekend as nie-aangehegte Lede. Hulle het minder moontlikhede om aan die parlementêre werk deel te neem. Die standpunt wat deur die politieke groep ingeneem word, word bereik deur bespreking binne die groep. Geen lid kan egter gedwing word om op 'n bepaalde manier te stem nie.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysigEksterne skakels
wysig