[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/

Die Ewe (Ewe: Eʋeawó, letterlik: "Ewe-volk"; of Mono Kple Volta Tɔ́sisiwo Dome, letterlik: "Ewe-nasie", Eʋenyigba, "Ewe-land"[3]) is 'n etniese groep inheems aan Wes-Afrika wat Ewe as moedertaal praat. Hulle bly veral in die suide van die drie lande Ghana, Togo en Benin. In Ghana is hulle met sowat 13,9% die derde grootste etniese groep ná Akan (47,5%) en Mole-Dagbani (16,6%).[4] In Togo is hulle met sowat 32% van die bevolking die grootste etniese groep. In Benin bevolk hulle veral die suidwestelike gebiede langs die Atlantiese Oseaan se kus.

Ewe

Ewe-musici in Togo
Totale bevolking: ca. 6,7 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Ghana Ghana 3,3 miljoen

Vlag van Togo Togo 3 miljoen
Vlag van Benin Benin 0,4 miljoen[1]

Taal: Ewe
Geloofsoortuiging: Christendom (50%),[2] Vodun tradisionele godsdiens, Islam, Judaïsme
Verwante etniese groepe: Ander Gbe-volke soos Aja, Fon, Gen en Phla-Phera
Vlag van die Ewe-volk[1][5]
Verspreiding van die Gbe-tale met Ewe in geel

Hul gelyknamige taal behoort tot die Niger-Kongo-tale se Gbe-taalfamilie.[6] Hulle is verwant aan ander mense wat Gbe-tale soos Fon, Gen, Phla-Phera, en Aja in Benin, Togo en Nigerië praat.

Die Ewe bly veral langs die suidelike kusstreek van Wes-Afrika, suid en oos van die Voltarivier tot by die Monorivier op die grens tussen Togo en Benin.[7] Hul tuiste, die Ewe-land, streek oor die Voltastreek in suidoostelike Ghana (voorheen Brits-Togoland), suidelike Togo (voorheen Frans-Togoland) en die suidwestelike dele van Benin.[8] Na die Ewe-streek word soms as Ewe-nasie of Eʋedukɔ́-streek (Togoland in die koloniale literatuur) verwys.[1]

Die Ewe is onderverdeel in vier groepe gebaseer op hul dialek en geografiese blyplek: Anlo Ewe, Mina, Anechɔ, Ʋedome(Danyi), Tongu of Tɔŋu. Die tradisionele taal van hul literatuur is die Anlo-ondertak.

Verwysings

wysig
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) James Minahan (2002). Encyclopedia of the Stateless Nations: Ethnic and National Groups Around the World A-Z. ABC-CLIO. pp. 589–590. ISBN 978-0-313-07696-1.
  2. (en) John A. Shoup III (2011). Ethnic Groups of Africa and the Middle East: An Encyclopedia. ABC-CLIO. p. 90. ISBN 978-1-59884-363-7.
  3. (en) Basic Ewe for foreign students Geargiveer 17 September 2012 op Wayback Machine, bl. 206.
  4. "Ghana". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 10 Augustus 2019.
  5. "Ewe (Togo)" (in Engels). Flags of the World. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op 10 Augustus 2019.
  6. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Éwé" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2020. Besoek op 10 Augustus 2019.
  7. (en) John A. Shoup III (2011). Ethnic Groups of Africa and the Middle East: An Encyclopedia. ABC-CLIO. pp. 89–90. ISBN 978-1-59884-363-7.
  8. (en) Anthony Appiah; Henry Louis Gates (2010). Encyclopedia of Africa. Oxford University Press. pp. 454–455. ISBN 978-0-19-533770-9.

Eksterne skakels

wysig