Pous Fabianus
Pous Fabianus | |
---|---|
Geboortenaam | Fabianus |
Pontifikaat begin | 10 Januarie 236 |
Pontifikaat eindig | 20 Januarie 250 |
Voorganger | Anterus |
Opvolger | Cornelius |
Gebore | ±200 Rome, Italië |
Sterf | 20 Januarie 250 Rome, Italië |
Sint Pous Fabianus | |
---|---|
Pous Fabianus (met swaard) en Sint Sebastianus (met pyle) | |
Gebore | ±200, Rome, Italië |
Sterfte | 20 Januarie 250, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk Oosters-Ortodokse Kerk |
Feesdag | 20 Januarie (Rooms-Katolieke Kerk) 8 Augustus[1] (Oosters-Ortodokse Kerk) |
Attribute | Duif, pouslike klere, pouslike tiara |
Beskermheilige | Valsinni, Montottone, Fiamignano en Aiello del Sabato |
Fabianus was die twintigste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Fabianus wat ook Flavius genoem word, is volgens legende (beskryf deur Eusebius) gekies toe 'n duif op sy kop kom sit het. Hy was nie 'n biskop nie en ook nie 'n inwoner van Rome nie. Op 10 Januarie 236 volg hy Pous Anterus op en word in 250 opgevolg deur Pous Cornelius. Die naam ‘Fabianus’ beteken ‘uit die geslag van die Fabiërs’.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Fabianus se pontifikaat word gekenmerk deur organisasie en uitbreiding. Hy het mense aangestel om die dade van die martelare op te teken. Hy het ook keiser Philippus en sy seun gedoop. Hy lê die grondslag vir die latere hiërargiese stelsel van die kerk deur sewe biskoppe vanuit Rome as sendelinge na die huidige Frankryk uit te stuur:
- Gatianus na Tours
- Trophimus na Arles
- Paulus na Narbonne
- Saturninus na Toulouse
- Dionisius na Parys
- Austremonius na Clermont
- Martialis na Limoges.
Die uitsending was moontlik nie sy werk nie omdat dit eers plaasgevind het na die Christenvervolging van keiser Trajanus Decius, waartydens Fabianus op 10 Januarie 250 om die lewe gekom het.
Hy stel die hoër ordes ("ordines majores") van biskop, ouderling en diaken in en ook die laer ordes ("ordines minores") van sub-diaken, akoliet, deurwagter, eksorsis (duiweluitdrywer) en leser (lektor).
Verering
[wysig | wysig bron]Hy is begrawe in die Callixtus katakombe. Hy word as martelaar en heilige vereer. Sy feesdag is op 20 Januarie in die Rooms-Katolieke Kerk en op 5 Augustus in die Oosters-Ortodokse Kerk. Hy is saam met Sint Sebastianus die beskermheilige van die stad Selm in Wesfale en die kerk Santi Fabiano e Venanzio in Rome. Baie kerke is na hom saam met Sebastianus vernoem soos “Fabianus en Sebastianus” in Darup en Osterwick in Duitsland en Apeldoorn, Nederland. Hy is ook die patroon van die pottebakkers en die tingieters. Sy sarkofaag is in 1915 herontdek.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Attwater, Donald and Catherine Rachel John. The Penguin Dictionary of Saints. 3rd edition. New York: Penguin Books, 1993. ISBN 0-140-51312-4.
- Gross, Ernie. This Day in Religion. New York:Neal-Schuman Publishers. ISBN 1555700454
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Fabianus. |
- Ökumenisches Heiligenlexikon
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Voorafgegaan deur Anterus |
Biskop van Rome 236 – 250 |
Opgevolg deur Cornelius |