[go: up one dir, main page]
More Web Proxy on the site http://driver.im/Gaan na inhoud

Hartmannse bergkwagga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hartmannse bergkwagga
'n Hartmannse bergkwagga in die Louisville-dieretuin.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Subgenus:
Spesie:
Subspesie:
E. z. hartmannae
Trinomiale naam
Equus zebra hartmannae
Verspreiding van die Hartmannse bergkwagga

Die Hartmannse bergkwagga (Equus zebra hartmannae) is lid van die perdagtige diere en kom hoofsaaklik in Namibië voor. Die dier staan ook bekend as die Hartmannse bergsebra. Dit word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Bou en kleur

[wysig | wysig bron]

Die dier het 'n tipiese sebravoorkoms, naamlik swart strepe met 'n geelwit agtergrond. Die strepe loop duidelik af by die bene tot by die hoewe, terwyl die strepe op die lyf by die pens ophou. Die pens is wit. Kenmerke van die dier is die keelvel en die oranje snoet. Die spesie het nie skadustrepe soos die vlaktekwagga nie. Hulle is groter as die Kaapse bergkwagga. Die hingste is effens swaarder as die merries – hingste weeg tot 330 kg, terwyl die merrie tot 300 kg kan weeg.

Habitat en gewoontes

[wysig | wysig bron]

Die Hartmannse bergkwagga verkies klipperige berghange met genoeg weiding en drinkwater. Die diere vorm groepe; 'n tipiese trop bestaan uit 'n dominante hings en sy familie. Die diere wei in die koeler tye van die dag en rus in skaduwees as dit warm is en hou ook van 'n stofbad. Een vul word enige tyd van die jaar gebore na 'n dratyd van 12 maande.

Vyande

[wysig | wysig bron]

Die dier se natuurlike vyande is die gevlekte hiëna, leeu en jagluiperd.

Fotogalery

[wysig | wysig bron]

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]