Kasterolieboom
Voorkoms
Kasterolieboom | |
---|---|
Ricinus communis | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Subkoninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Tribus: | |
Subtribus: | |
Genus: | |
Spesie: | R. communis
|
Binomiale naam | |
Ricinus communis |
Die kasterolieboom (Ricinus communis) is 'n indringerplant wat as 'n struik of klein boompie in Suid-Afrika voorkom. Die boom is inheems aan Ekwatoriaal-Afrika. Dit groei aan rivieroewers, vlei-oewers en langs paaie. Dit staan ook bekend as die bloubottelboom of bosluisboom.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die plant het 'n kenmerkende loof en helder sap (kasterolie) in die lote en blare. Die takke is glad met 'n liggrys, poeieragtige glans. Die blare is groot, enkelvoudig en stervormig. Hulle is donkergroen aan die bokant en ligter aan die onderkant. Die blommetjies is rooierig en verskyn in eindstandige are. Die vrug is 'n drielobbige kapsule wat met sagte stekels bedek is.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart. Struik Nature. 2012. ISBN 978-1-4317-0248-0
Sien ook
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- http://www.invasives.org.za/invasive-species/item/326-castor-oil-plant-ricinus-communis.html Geargiveer 29 Oktober 2015 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kasterolieboom.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Kasterolieboom