Greifswald
Voorkoms
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Mecklenburg- Voorpommere |
Koördinate | 54°5′N 13°23′E / 54.083°N 13.383°O |
Stigting | Voor 1248 |
Stadstatus | 14 Mei 1250 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 50,5 vk km |
Hoogte bo seevlak | 5 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2012) | 55 771 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 104,4/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Arthur König (CDU) |
Amptelike Webwerf | www.greifswald.de |
Greifswald (Nederduits: Griepswold) is 'n selfregerende Hanse- en universiteitstad in die Noordoos-Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere met 'n oppervlakte van 50,5 vierkante kilometer en 'n bevolking van 55 771 in 2012 - waarvan sowat 12 000 studente en 5 000 personeellede van die plaaslike universiteit.
Die stadsnaam van Greifswald is afgelei van sy wapendier, die Pommerse gryp of griffioen (Duits: Greif of Gryps). Vandag behoort Greifswald saam met Stralsund tot die twee grootste stede in die landsdeel Voorpommere asook die vier belangrikste stede in Mecklenburg-Voorpommere.