Glenn Murcutt
Glenn Murcutt | |
---|---|
Glenn Murcutt in 2004 | |
Gebore | Glenn Marcus Murcutt 25 Julie 1936 |
Nasionaliteit | Australië |
Beroep | Argitek |
Bekend vir | Marie Short House (1975) Fredericks House (1982) Ball-Eastaway House (1983) Magney House (1984) Marika-Alderton House (1994) Arthur and Yvonne Boyd Education Centre (1999) |
Glenn Marcus Murcutt AO (* 25 Julie 1936 in Londen) is 'n Australiese argitek wat vir sy werk reeds met 'n verskeidenheid nasionale en internasionale pryse vereer is, waaronder die Alvar Aalto-medalje in 1992, die Pritzker-prys in 2002 en die American Institute of Architects (AIA) se Goue Medalje in 2009.
Die Pritzker-beoordelaarspaneel het Murcutt as "'n modernis, 'n naturalis, 'n omgewingsbewaarder, 'n humanis, 'n ekonoom en ekoloog" en sy werk as "'n sintese van Mies van der Rohe en die inheemse Australiese houtskuur" beskryf.[1]
Murcutt verkies volgens die Pritzker-paneel om nie by groot projekte betrokke te wees nie. Anders sou hy genoodsaak wees om sy ateljee uit te brei en nie meer die nodige aandag aan klein besonderhede te skenk nie - iets wat kenmerkend is vir sy ontwerpe.[2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Glenn Murcutt.
- Amptelike webtuiste van die Architecture Foundation Australia en die Glenn Murcutt Master Class