Astronomiese eenheid
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Astronomiese eenhede)
'n Astronomiese eenheid (AE, Engels: AU) is die gemiddelde afstand tussen die Aarde en die Son. Een astronomiese eenheid is gelyk aan sowat 150 miljoen kilometer. Die mees onlangse meting gee die presiese waarde as: 149 597 870,691 km.[1] Hierdie maat word in sterrekunde gebruik om afstande in die ruimte aan te dui.
Voorbeelde
[wysig | wysig bron]- Pluto is 39,5 AE van die Son af.
- Jupiter is 5,2 AE van die Son af.
- Die maan is 0,0026 AE van die Aarde af
Berekeninge
[wysig | wysig bron]- 1 AE = 149 597 870,691 kilometer
- 1 AE = 8,317 ligminute
- 1 AE = 499 ligsekondes
- 1 ligjaar = 63 241 AE
- 1 parsek = 206 265 AE
- 1 parsek = 3,262 ligjare